Tandbleiking

Om tande witter te maak is nie ‘n ingewikkelde proses nie. Dit behels die aanwending van ‘n bleikmiddel op die oppervlakte van die tande wat gebleik word. Tandbleiking is ‘n kosmetiese prosedure  en slegs die voortande word gebleik, die agterste tande wat nie in die glimlag vertoon word nie, word nie gebleik nie.

Die proses kan op een van twee maniere gedoen word.

Eerstens kan dit in die spreekkamer gedoen word. Tydens die prosedure word die sagteweefsel (lippe, wange, tandvleis ens) in die mond geisoleer van die bleikmiddel. Die bleikmiddel word dan aan die tande aangewend en geaktiveer met ‘n ultraviolet lig. Na 20 minute word die bleikmiddel verwyder en vars bleikmiddel op die tande aangewend. Hierdie proses word drie of vier keer herhaal.Die totale duur van die prosedure is sowat een en ‘n half tot twee ure. Die resultaat is witter tande binne twee ure.

Tweedens kan die pasient sy of haar tande self  tuis bleik. Die proses behels dat die pasient die bleikmiddel in ‘n spesiale mondskermpie op die tande aan wend. Dit word daagliks vir sowat ‘n uur tot uur en ‘n half aangewend. Die tande sal binne twee tot drie weke begin witter vertoon.

Hier by  Smile Connection  gebruik ons die Brite Smile bleiksisteem. Vir meer spesefieke inligting kan u ons gerus skakel . Besoek ook gerus www.britesmile.co.za

Onthou nie alle praktyke kan u ‘n “Brite Smile” glimlag gee nie.