Jakaranda Kinderhuis – Dankie

jacaranda-kinderhuis

Dr Kleynhans en die Smile Connection Praktyk

Jakaranda Kinderhuis is baie dankbaar vir Smile Connection se positiewe bydrae tot ons kinders se mondsorg en –ontwikkeling.  Ek is baie dankbaar vir hierdie onbaatsugtige vennootskap wat julle bereid was om met ons te begin toe ons in die nood was met verskeie tande probleme.  Dokter hulle het nou al ‘n hele paar monde reggesien en die Mondhigienis doen ons ‘n groot guns met die skoonmaak van tandjies en die voorligting wat daarmee saam gaan. Dis ‘n aanhoudende proses en die arme Huisouer wat na 12 kinders omsien, kom verseker nie elke dag by elke mond uit vir inspeksie nie. En kinders vat maar kanse…ek weet nie elkeen van hulle wil elke oggend en elke aand tande borsel nie. Dis ‘n aanhoudende voorligting proses van alle kante af.

Baie dankie vir die donasie van Listerine Mondspoel en die tandepasta van Wright-Milners. Ek gooi vir hulle ook ‘n dankie –sê briefie in die pos.  Ons waardeer Smile Connection se personeel se positiewe gesindheid om ons te akkomodeer en ‘n bydrae te maak tot die gesondheidsontwikkeling van Jakaranda Kinderhuis se kinders.

Ons waardeer Smile Connection se hulp.

Baie groete
Sr Antasha Brits
namens die kinders van Jakaranda Kinderhuis